Goedkoop Motor Versekering
Almal van ons wil graag ‘n paar rand spaar. Veral op versekeringspremies, maar jy wil steeds voldoende dekking geniet wanneer jy moet eis. Hier is ‘n paar maniere hoe jy goedkoop motor versekering kan bekom.
Waar Jy Woon
Indien jy woonagtig is in ‘n relatief veilige area of sekuriteitsarea, sal jy ‘n goedkoper motor versekering premie betaal in vergelyking met iemand wat in ‘n hoë misdaad area of woonbuurt bly.
Die Tipe Voertuig
Sportmotors en ingevoerde voertuie se onderhoudskoste beloop meer en sal daarom ‘n hoër premie tot gevolg hê. Dit neem ook langer om jou voertuig te herstel indien parte nie geredelik beskikbaar is nie.
Teendiefstal Toestel
Die vlak van sekuriteit wat in jou voertuig geïnstalleer is beïnvloed ook jou premie. Deur ‘n opsporingstelsel in jou voertuig te installeer kan ‘n aansienlike besparing tot gevolg hê. Sommige versekeraars kan selfs reël vir ‘n gratis installasie en die maandelikse subskripsie van die opsporingsmaatskappy by jou versekeringspremie insluit.
Eisvrye Jare
Elke eisvrye jaar wat jy versekering het, kan lei tot ‘n besparing op jou motorversekering. Sodoende word jy ‘n laer risiko vir versekeraars.
Verhoogde Bybetaling
Wanneer jy jou betaling verhoog of instem om ‘n addisionele vrywillige bybetaling te betaal ten tye van ‘n eis, sal jou premie verlaag word.
Jou Lewensstyl
Deur minder tyd as die gemiddelde persoon op die pad te spandeer kan groot besparings tot gevolg hê, aangesien jou risiko om in ‘n ongeluk betrokke te wees aansienlik laer is.