Motor Versekering Makelaars

 

Wanneer dit kom by versekering, kan ‘n goeie, onafhanklike makelaar van onskatbare waarde wees.  In vandag se gejaag beteken tyd, geld.  Almal het nie die nodige tyd om die verskillende versekeraars te skakel en ure te spandeer om ‘n kwotasie te kry, die verskillende dekking opsies en voordele beskikbaar in die mark te verstaan en by te bly met polis voorwaardes nie.

Voordele Van ‘n Goeie Makleaar

‘n Goeie makelaar sal:

– Jou behoeftes en dekking benodig analiseer.

– Kwotasies voorlê van verskeie versekeraars en nismark produkte.

– Jou adviseer oor produkte wat voldoen aan jou spesifieke vereistes.

– Waar van toepassing, jou inlig oor addisionele dekking soos wat dit beskikbaar word in die mark.

– Jou inlig oor nuwe produkte of dekking op die mark.

– Hersien jou polis ten minste een maal per jaar by hernuwing.

– Registreer en behartig eise namens jou as kliënt en bied bystand met poliswysigings en navrae.

Deur van ‘n makelaar gebruik te maak, het jy ‘n direkte lyn van kommunikasie (telefonies of per epos) en hoef jy nie met oproepsentrums te kommunikeer waar jy met verskillende konsultante moet werk nie.

Versekeringsmakelaars word wetlik verplig om by die Raad op Finansiële Dienste te registreer en moet aan streng vereistes voldoen m.b.t. diens en advies aan kliënte.