Ombudsman Vir Motor Versekering
Die Ombudsman vir Korttermynversekering bied ‘n gratis, regverdige en effektiewe dispuut oplossingsdiens aan Suid-Afrikaanse polishouers. Daar is geen risiko aan verbonde vir ‘n polishouer met die oplossing van sy/haar dispuut met die versekeraar nie.
Die Ombudsman tree as bemiddelaar op tussen die versekerde en die versekeraar en verteenwoordig nie een van die partye nie.
Let Wel:
- Jy moet eers ‘n klagte by jou versekeraar indien.
- Indien jy onsuksesvol is met die klagte oplossing by jou versekeraar, kan jy die aangeleentheid na die Ombudsman verwys.
- Besluite wat deur die kantore van die Ombudsman geneem word is bindend vir die versekeraar, maar nie vir die versekerde nie.
- Hierdie diens is gratis vir polishouers.
- Geen regsadvies word gegee nie.
Kontakbesonderhede Van Die Ombudsman:
011-726 8900 (T)
011-726 5501 (F)
info@osti.co.za
www.osti.co.za