Versekering Vir Skrape En Duike

 

‘n Motorversekering polis bied slegs dekking vir motorongelukke, brand, diefstal en kaping.  In die meeste gevalle is ‘n bybetaling betaalbaar per insident.

Daarom is dit nie altyd moontlik om te eis vir elke duik of skrapie wat nie as gevolg van ‘n motorongeluk was nie.

Elke duik wat deur ‘n winkeltrollie veroorsaak was, word as ‘n afsonderlike  gebeurtenis gesien deur versekeraars en dus sal ‘n bybetaling van toepassing wees vir elke duik.

Dit is waar ‘n Polis Vir Skrape En Duike baie handig te pas kom.  Dit help jou om jou voertuig in ‘n uitstekende toestand te hou en bied beskerming teen onvoorsiene kostes wat verband hou met klein duikies en skrapies.

Wat word gesien as ‘n duikie?

‘n Duikie word gesien as ‘n area wat nie 15 cm in deursnee oorskry nie.

Wat word gesien as afsplintering?

Afsplintering word gesien as ‘n area wat nie 3 mm in deursnee oorskry nie.

Wat word gesien as ‘n skrapie?

‘n Skrapie word gesien as ‘n area wat nie 15 cm in lengte oorskry nie en nie oor meer as 2 aangrensende panele van die voertuig strek nie.