Motorversekering Vir Vroue
Betaal Suid-Afrikaanse vroue minder as mans vir motorversekering?
Versekeraars (bv. 1st For Women ) bereken risiko’s gebaseer op statistieke. Hierdie data word ingesamel oor ‘n lang tydperk. Alhoewel vrouens in min of meer dieselfde hoeveelheid ongelukke betrokke is in vergelyking met mans, is manlike bestuurders oor die algemeen geneig om meer risiko’s te vat as vroulike bestuurders. Om hierdie rede is vrouens geneig om in minder ernstige ongelukke betrokke te wees as mans en daarom laer kostes vir die versekeraar.
Vrouens bestuur gewoonlik versigter en stadiger wat aanleiding gee tot verlaagde motorversekering vir vroulike bestuurders. Inteendeel kan dames bestuurders met swak bestuursgewoontes verwag om ‘n hoër premie vir versekering te betaal. Hoe meer eisvrye jare asook ongeluklose jare jy verseker is, hoe meer kan jy bespaar op motorversekering oor die langtermyn.